Oranje-Sig Selfsorg Eenhede

Kom herlaai jou batterye in ons volledig toegeruste hout-chalets, langs die magtige Oranjerivier, in die hartjie van die Noord-Kaap.

Vry

Kom sit saam met oom Paul en sy medebewoners op die koppie, geniet die sonsopkoms, of -ondergang terwyl die wind deur jou hare dwarrel, jy die sterre kan sien, tiekiedraai in die maanlig en sommer net kan kraai van die lag. Want jy kan.

Voorspoedig

Saam met ons Klein Reus, waar ons almal ons moue oprol en hard werk om ‘n toekoms te bou vir ons nageslag, is ons almal voorspoedig. Woonstelblokke, huise, mediese sentrums, universiteite en vele meer word hard aan gewerskaf om vir almal ‘n voorspoedige toekoms te kan verseker.

Veilig

Waar jou kinders nog in die strate kan fietsry en handjietennis speel. Waar ‘n heerlike skemer nagstappie in die vars lug onder die sterre moontlik is. Waar jy in die nag jou oë kan toemaak en die muskiete jou grootste vyand is.

Geriewe en fasiliteite

Loopafstand van die Oewer Restaurant, Oranje Rivier Spa asook visvangplek, die perfekte kombinasie vir 'n rustige vakansie.

Vlot

Vlotvaart

Besigtig die rivier uit 'n ander oogpunt.

Oranje Rivier Spa

Kom ontspan met 'n masering langs die magtige Oranjeriver.

Oewer Restaurant

Kom geniet 'n heerlike ete met 'n pragtige uitsig oor die rivier.

Eenhede

Hier is 'n paar foto's.

Tuisblad foto chalet 2
Tuisblad foto chalet 1

Beplan 'n belewenis na Orania