Eenhede

Oranje-Sig bestaan uit 4 eenderse houtstomp huisies met verskillende Vryheidsoorlog leiers se name.


Christiaan Beyers

Generaal Christiaan Beyers is ‘n Afrikanerheld wie se nagedagtenis mettertyd vervaag het.  Tog was hy een van die mees prominente aanvoerders tydens die Tweede Vryheidsoorlog en ‘n sterk leier in die tyd wat daarop gevolg het.  Na uniewording het hy, as eerste kommandant-generaal, die grondslag vir die Suid-Afrikaanse Weermag gelê.180px-CFbeyers

Met sy buitengewone krag, fors liggaamsbou en gesellige persoonlikheid, was hy ‘n suksesvolle student.   In die ZAR het hy ook rugby gespeel en vir Transvaal in Curriebeker-wedstryde gespeel.

Beyers het ‘n diep indruk op sy tydgenote gemaak.  Sy tragiese dood waar hy in die Vaalrivier verdrink het, tydens die Rebellie van 1914 het gemoedere hoog laat loop.

Beyers se besondere bydrae het in sy toewyding aan God en die saak waarin hy geglo het, gelê. Vir hom was dissipline en goeie gedrag ononderhandelbaar. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het hy ‘n belangrike rol in die herstel van die Boere se oorlogspoging gespeel. Na die oorlog het sy integriteit en bekwaamheid in verskeie verbande ‘n deurslaggewende rol gespeel. Deur sy dood is die Afrikanervolk van iemand beroof wie se grootste bydrae dalk nog voorgelê het.

Bespreek hierdie eenheid nou!
Bespreek

Danie Theron

Daniël Johannes Stephanus Theron is op 9 Mei 1872 in Tulbach gebore en is op die ouderdom van 28 oorlede.  Hy was ‘n bobaasverkenner in die Tweede Vryheidsoorlog.

Danie_theron_1899“Hy was sonder twyfel een van die beste verkenners wat die boerenasie opgelewer het.  Hy het herhaaldelik ons linies binnegedring en waardevolle inligting verkry.  Oor en oor het hy ons verkenners en patrollies afgesny, ons voorraad gebuit, en allerhande skitterende militêre dienste vir sy mense verrig” Frederick Russel Burnham, Hoofverkenner vir die Britse leër in die Tweede Vryheidsoorlog (1900).

Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog voeg Theron hom by Gen. Christiaan de Wet in die Vrystaat. In 1899 vergesel Theron die Transvaalse hoofkommando na Ladysmith en lewer ook waardevolle diens as baasverkenner. Saam met Gen. Koos Jooste rig hy die “Wielrijders Rapportgangers Corps” op. In Maart 1900, na die slag van Colenso, stig hy “Theron Verkenningscorps” en doen uitstekende werk, onder meer in die Vrystaat.

Later word hy as kommandant aangestel. Veldslae waarin hy deelgeneem het sluit in: Tweede Vryheidsoorlog: Slag van Paardeberg, Slag van Spioenkop, Slag van Talana, Slag van Tygerpoort.

 

Bespreek hierdie eenheid nou!
Bespreek

Christaan de Wet

Christiaan Rudolf De Wet is op 7 Oktober 1854 op ‘n plaas tussen die latere Dewetsdorp en Smithfield gebore en in 1922 in dieselfde omgewing oorlede.dewet_cr

Op 19 het Christiaan met Cornelia Margaretha Kruger getrou en hulle sou uiteindelik 16 kinders hê. Dat De Wet ‘n rustelose siel gehad het, blyk uit die talle male wat hy met sy gesin na nuwe plase verhuis het.

Generaal Christiaan de Wet is die mees legendariese van alle Afrikanermilitariste. Hy het die kuns van guerilla-oorlogvoering soos min mense voor hom geimplementeer. Daarvoor het hy geen militêre opleiding gehad nie, maar wel ‘n leeftyd waarin hy naby aan die veld geleef het en die landskap besonder goed leer ken het. De Wet se genialiteit het daarin gelê dat hy die Engelse keer op keer kon ontduik.

Voor die Tweede Vryheidsoorlog het hy reeds ‘n bydrae as leier op plaaslike vlak gelewer. Die verloop van die oorlog het hom wêreldwye roem besorg. Belangriker as dit, was dat hy mede-Boere besiel het met ‘n bereidheid om die vryheidstryd voort te sit. Hoewel sy deelname aan die Rebellie meer omstrede as sy deelname aan die oorlog was, het sy bereidheid om sy eie belange ondergeskik aan die vryheidstryd te stel, bewondering afdwing.

Bespreek hierdie eenheid nou!
Bespreek

Koos De la Rey

delarey-jJacobus Hercules De la Rey sal onthou word as een van die grootste militêre leiers tydens die Tweede Vryheidsoorlog.  De la Rey was ‘n diep gelowige mens.  Hy het ‘n formidabele voorkoms gehad – ‘n lang, netjiese gesnyde bruin baard met ‘n hoë voorhoof met gesonke oë wat hom ‘n patriargiese voorkoms gegee het.

Hy word algemeen aanvaar as die sterkste en minste inskiklike Boere Generaal tydens die Tweede Vryheidsoorlog en as een van die leiersfigure van Nasionale Nasionalisme. De la Rey was gekant teen die oorlog tot die laaste, maar toe hy as lafaard beskuldig is tydens ‘n Volksraadsvergadering, het hy gese dat as die tyd vir oorlog sou kom, hy sou veg lank nadat die wat koukus oor die oorlog al opgegee het. Die woorde sou later bewaarheid word.

De la Rey het ‘n ongekende talent gehad om lokvalle te vermy en het baie geglo dit was omdat hy raad gekry het by ‘n eksentrieke profeet, Siener van Rensburg, wat saam met hom op kommando was. Onderweg na Potchefstroom op 15 September 1914 is Generaal De la Rey en Beyers deur ‘n padblokkade voorgekeer en Generaal De la Rey is noodlottig gewond. Hy het sy bynaam “Leeu van die Weste” verdien.

Bespreek hierdie eenheid nou!
Bespreek