Generaal Christiaan Beyers

Is ‘n Afrikanerheld wie se nagedagtenis mettertyd vervaag het. Tog was hy een van die mees prominente aanvoerders tydens die Tweede Vryheidsoorlog en ‘n sterk leier in die tyd wat daarop gevolg het. Na uniewording het hy as die eerste kommandant-generaal, die grondslag van die Suid-Afrikaanse Weermag gelê.

Met sy buitengewone krag, fors liggaamsbou en gesellige persoonlikheid, was hy ‘n suksesvolle student. In die ZAR het hy ook rugby gespeel en vir Transvaal in Curriebeker-wedstryde gespeel.

Beyers het ‘n diep indruk op sy tydgenote gemaak. Sy tragiese dood waar hy in die Vaalrivier verdrink het, tydens die Rebellie van 1914 het gemoedere hoog laat loop.

Beyers se besondere bydrae het in sy toewyding aan God en die saak waarin hy geglo het, gelê. Vir hom was dissipline en goeie gedrag ononderhandelbaar. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het hy ‘n belangrike rol in die herstel van die Boere se oorlogspoging gespeel. Na die oorlog het sy integriteit en bekwaamheid in verskeie verbande ‘n deurslaggewende rol gespeel. Deur sy dood is die Afrikanervolk van iemand berooof wie se grootste bydrae dalk nog voorgelê het.