Vermaak op Orania


Stokkiesdraaipark

Stokkiesdraai is sentraal geleë en is Orania se grootste besigheidsentrum. Dit is die tuiste van verskeie besighede, en dienste. Die park bied ook groot grasperke en waterpoele waar kinders heerlik kan baljaar terwyl ouers rustig die besighede ondersteun.

BESIGHEDE IN STOKKIESDRAAI
Grootrivier Brouery.
Orania Uitrusters
Bo-Karoo Rame en geskenkwinkel
Oranzipop Juwele
Restaurant en kroeg
Oramed mediese sentrum

Stokkiesdraai park se Pienk Zebra Restaurant en die Blou Hings Kuierplek

Die Pienk Zebra is ‘n vars briesie in Orania wat saam met hul vrolike atmosfeer en vriendelike diens, ook die lekkerste Boeredisse voorsit. Hieronder is Skaapstertjies, Pap & Kaiings, Afval en regte gevulde Zebrafilet maar enkele voorbeelde. Die Zebra bied ook ‘n reuse verskeidenheid buitengewone melkskommels… Al ooit ‘n Nutella of gemmerkoekie melkskommel gedrink?

Net soos die Pienk Zebra restaurant, bied die Blou Hings kuierplek ‘n verskeidenheid drankies aan kliente wat hulle gesellige omgewing geniet. Unieke skemerkelkies (Cocktails) soos die Kleine Reus, Pienk Zebra en Orania Ystee is baie populêr. Kom kuier elke woensdag aand saam met ons plaaslike kunstenaars. Plaaslik gebroude biere word ook hier verkoop

Sterreland fliek en die Ou Karooplaas sentrum

Ou Karooplaas Sentrum bestaan uit sewe sakepersele, met tradisionele Karoo-tuine, kuier areas met pragtige hout tafels en ‘n groot parkeerterrein.
‘n Wye verskeidenheid produkte en dienste word aangebied. De Plaaswerf Bakkery is vroeg soggens aan die bak en bied heerlike etes deur die dag. Grootrivier Ontwerpstudio spesialiseer in drukwerk van enige aard. Hul bure is die Harlandstigting, waar die uitbreiding van die volkstaat behartig word. Drommedaris Toeroperateurs reel vakansies regoor die wêreld en Gariep Handel se rakke is vol speserye, bak benodighede en bevrore produkte.
Ou Karooplaas spog ook met die streek se enigste filmteater. Die 32-sitplek privaat teater is toegerus met ‘n puik klankstelsel en gemaklike houtmeubels wat netjies pas by die tema van die sentrum. Hulle bied daaglikse vertonings en het ook ‘n gewilde videowinkel-afdeling met honderde DVD’s op ons rakke. Al die nuutste Afrikaanse films, Hollywood treffers en ‘n groot verskeidenheid internasionale films is nou beskikbaar by Sterreland.
Prima Pizza is Sterreland se wegneemete-afdeling en bied smullekker pizzas, pastas en nageregte teen bekostigbare pryse. Dis egter ons spesiale pizza bakoonde en uitstekende gehalte bestanddele wat die verskil maak. Geniet ‘n prima pizza wanneer jy ‘n fliek kom kyk of ‘n DVD uitneem

Orania Spa

Natuurskoon, rustige musiek en vriendelike personeel…

Ons is oop vanaf Maandae-Saterdae 8:30h-17:00h 053 207 0006

Kom bederf jouself ñ bietjie met die mooiste uitsig oor die Oranje Rivier , waar jy heerlik ontspan met verskeie behandelings van jou keuse …

  • Masserings
  • Gesigsbehandelings
  • Manikuur
  • Pedikuur
  • Stoomkamer fasiliteite
  • Vollyf sout-afskilferings
  • Romantiese kerslig bad
  • Ete’s op die dek

Oewerpark aktiwiteite

Verskeie aktiwiteite word by die Oewerpark aangebied :

  • Vlotritte op Oranjerivier
  • Vierwielmotorfietsritte
  • Binnebande op Oranjerivier
  • Roei op Oranjerivier
  • Gyro-Avontuurvlugte
  • Visvang