Jacobus Hercules De la Rey
Sal onthou word as een van die grootste militêre leiers tydens die Tweede Vryheidsoorlog. De la Rey was ‘n diep gelowige mens. Hy het ‘n formidabele voorkoms gehad – ‘n lang, netjies gesnyde bruin baard met ‘n hoë voorhoof met gesonke oë wat hom ‘n patriargiese voorkoms gegee het.
Hy word algemeen aanvaar as die sterkste en minste inskiklike Boere Generaal tydens die Tweede Vryheidsoorlog en as een van die leiersfigure van Afrikaner Nasionalisme. De la Rey was gekant teen die oorlog tot die laaste, maar toe hy as lafaard beskuldig is tydens ‘n Volksraadvergadering, het hy gesê dat as die tyd vir oorlog sou kom, hy sou veg lank nadat die wat koukus oor die oorlog al opgegee het. Die woorde sou later bewaarheid word.
Veldslae waarin hy deelgeneem het sluit in: Kraaipan (Oktober 1899), Graspan (November 1899), Modderrivier (November 1899 waar sy seun Adriaan gesterf het), Magersfontein (Desember 1899), Donkerhoek (Junie 1900).
De la Rey het ‘n ongekende talent gehad om lokvalle te vermy en baie het geglo dit was omdat hy raad gekry het by ‘n eksentrieke profeet, Siener van Rensburg, wat saam met hom op kommando was. Onderweg na Potchefstroom op 15 September 1914 is Generaal De la Rey en Beyers deur ‘n padblokkade voorgekeer en Generaal De la Rey is noodlottig gewond.
Hy het sy bynaam “Leeu van die Weste” verdien.