Geriewe en Fasiliteite
Hier kry jy nie net rustige, veilige verblyf nie maar ook ‘n belewenis wat jy saam met ons kan geniet.
Neem asseblief kennis:
Let asseblief daarop dat meeste winkels om 18:00 weeksdae sluit, Saterdae 14:00 en Sondae is daar ‘n klein winkeltjie oop by die vulstasie van 12:00 – 16:00. (Tye mag verander) Maak asseblief voorsorg vir ietsie te ete.
Wat is ‘n vakansie sonder beplanning met hoe jy wil ontspan
Sandbaai
Hier kan jy visvang saam met die kinders terwyl jy 'n lekker worsie braai en ontspan.
Vir meer inligting kontak gerus die Orania Dorpsraad by: 053 207 0063
Gemeenskap swembad
Kom koel af in ons skoon swembad wat vir vele pret sorg.
Vir meer inligting kontak gerus die Orania Dorpsraad by: 053 207 0063