Daniël Johannes Stephanus Theron

 Is op 9 Mei 1872 in Tulbagh gebore en is op die ouderdom van 28 oorlede. Hy was ‘n baasverkenner in die Tweede Vryheidsoorlog. “Hy was sonder twyfel een van die beste verkenners wat die Boerenasie opgelewer het. Hy het herhaaldelik ons linies binnegedring en waardevolle inligting verkry. Oor en oor het hy ons verkenners en patrollies afgesny, ons voorraad gebuit, en allerhande skitterende militêre dienste vir sy mense verrig” Frederick Russel Burnham, Hoofverkenner vir die Britse leer in die Tweede Vryheidsoorlog (1900).

Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog voeg Theron hom by generaal Christiaan de Wet in die Vrystaat. In 1899 vergesel Theron die Transvaalse hoofkommando na Ladysmith en lewer ook waardevolle diens as baasverkenner. Saam met generaal Koos Jooste rig hy die “Wielrijders Rapportgangers Corps” op. In Maart 1900, na die slag van Colenso, stig hy “Therons Verkenningscorps” en doen uitstekende werk, onder meer in die Vrystaat.

Later word hy as kommandant aangestel.

Veldslae waarin hy deelgeneem het sluit in: Tweede Vryheidsoorlog: Slag van Paardeberg, Slag van Spioenkop, Slag van Talana, Slag van Tygerpoort.