Kom geniet die vrye Karoo son en die rustigheid saam met ons.
Die eenhede kry hul name van van die bekendste generale uit die Anglo-Boereoorlog.




Tariewe
Die pryse is soos volg:
1 persoon: R 1100 per nag
2 persone: R 1265 per nag
3 en 4 persone: R 1700 per nag
5 persone: R 1830 per nag
(Slaapbank in sitkamer.)
Elk van die eenhede is toegerus met:
* 1 slaapkamer met dubbelbed en en-suite badkamer (stort)
* 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens en aparte badkamer (bad).
* Ons voorsien handdoeke. (Bring asseblief jou eie swem handdoek saam.)
* Kombuis – ten volle toegerus. (Daar is ‘n gasstoof en -oond om vir Eskom te fnuik.)
* Lugversorging
* Eie braaigeriewe
* Onderdak parkering
* Slim TV
* Wifi